Spread a Little "Goodwill" Amongst the Needy

Several initiatives are in full swing all over Overstrand to bring a little joy to those in need this year. Many of us would like to contribute but are unsure who to approach or where to drop off our goodies. Here are some worthy options to consider:

  • Santa Shoebox Project – this inspiring community initiative of the Kidz2Kidz Trust involves the distribution of personalised gifts at Christmas time to underprivileged children across the country. Fill your gift box with some necessities, such as toothpaste and toothbrush, facecloth and soap, as well as some sweets, educational supplies, a toy and an outfit of clothing. For more information, call Wendie Cleary on 028 316 2257, but hurry because boxes must be dropped off in Hermanus or Gansbaai by no later than 18:00, Saturday 1 November.

  • Bags of Love – through this campaign, the poorest of the poor in Overstrand can enjoy a bag full of basic necessities and quite often a few Christmas treats as well. As part of the initiative, bags (provided) are filled with basic groceries from a standard shopping list and distributed to needy families just before Christmas. The grocery items can be bought at certain chain stores in Hermanus at a cost of around R130. For more information, call Des Collins on 082 824 1058 or 028 316 4434.

 

Deel ʼn bietjie “welwillendheid” met behoeftiges

Verskeie inisiatiewe is in volle swang oral in Overstrand om vanjaar vir ʼn bietjie vreugde in minderbevoorregtes se lewens te sorg. Baie van ons sal graag wil bydra maar is nie seker wie om te nader of waar om ons geskenkies af te laai nie. Hier is ʼn paar verdienstelike opsies om te oorweeg:

  • Santa Skoenboks-projek – hierdie inspirerende gemeenskapsinisiatief van die Kidz2Kidz-trust behels die verspreiding van verpersoonlikte geskenke oor Kerstyd aan minderbevoorregte kinders oral in die land. Vul jou boks met ʼn paar noodsaaklikhede, soos tandepasta en tandeborsel, waslappie en seep, sowel as ʼn paar lekkers, skoolbenodigdhede, ʼn speelding en ʼn stel klere. Vir meer inligting, skakel Wendie Cleary by 028 316 2257, maar maak gou want die skoenbokse moet teen nie later nie as 18:00, Saterdag 1 November in Hermanus of Gansbaai afgelaai word.

  • Sakke vol Liefde – te danke aan hierdie veldtog kan die armstes onder die armes in Overstrand ʼn sak vol basiese noodsaaklikhede en, heel dikwels, ʼn paar Kerslekkernye hierdie Kersfees geniet. As deel van die inisiatief word sakke (voorsien) met basiese kruideniersware volgens ʼn standaard-inkopielys gevul en kort voor Kersfees onder behoeftige gesinne uitgedeel. Die kruideniersitems kan by sekere kettingwinkels in Hermanus teen ʼn koste van ongeveer R130 gekoop word. Skakel Des Collins by 082 824 1058 of 028 316 4434 vir meer inligting.

  • Tafelronde – die meeste takke van hierdie liefdadigheidsorganisasie is hierdie tyd van die jaar aktief betrokke by die verspreiding van eetgoed en geskenke wat as donasies vir behoeftiges ontvang is.

 

 

 

Search

Contact Us


Hermanus 028 313 8000
Kleinmond 028 271 8400
Gansbaai 028 384 8300
Stanford 028 341 8500

enquiries@overstrand.gov.za